)ONS UITGANGSPUNT
DIS ‘N ERVARING!
Ons by De Vette Mossel poog om veel meer te bied as bloot ‘n ete – dit is ‘n ervaring, in ongewone en informele omstandighede, waar jy saam met vriende (oues en nuutgevondes) gesellig saam verkeer, waar niemand jou aanjaag nie en waar jy soveel seekos eet as waarvoor jy lus is – net soos ons langs die Weskus maak.
DIE UITSTEKENDE VOORBEREIDING VAN TOP GEHALTE SEEKOS, IN OORVLOED, EN WAARDE VIR GELD, IS ONS ERNS.
SKINK ‘N WYNTJIE
Met aankoms verwelkom ons jou met ‘n gratis glas goeie Kaapse wyn. Ons het ook ‘n kontantkroeg met fantastiese ‘beach cocktails’, die beste Kaapse wyne en alle ander bekende drankies.
KURKFOOI
Los bottel wyn = R0
(bring eie glase & ys)
Cool box = R150
(bring eie glase & ys)
TROUES & FUNSKIES
Droom van ‘n troue op die strand? Dit hoef nie ‘n droom te bly nie! Gesels met ons om jou troudag waarlik onvergeetlik te maak – jy is dit werd!
Ons Strand-seekosrestaurant is die perfekte strand trou venue, waar liefde, romanse, pret en drome saamkom om ‘n pragtige realiteit te word. By De Vette Mossel waarborg ons jou ‘n unieke strand-see omgewing teen onverbeterlike pryse. Kom hou kaalvoet troue op ons strand waar ‘n onvergeetlike seekos-buffet bedien word.
Hoekom De Vette Mossel:
- Met minstens 300 sonskyndae ‘n jaar, amptelik die beste weer in Afrika;
- Onverbeterlike foto-geleenthede
- Perfekte uitsig op die see en gebruik van afgesonderde strand.
- Waarskynlik die heel beste venue vir strandtroues in SA;
- Voortreflike spyskaart @ onverbeterlike pryse;
- Trou op die strand self of op ons troudek – was ons nader aan die strand, het die branders jou natgespat!
NB. Volg asb die skakel vir meer inligting en Vrae & Antwoorde oor ons troues.
FUNKSIES
De Vette Mossel leen hom uitstekend tot jaareind-, spanbou- en ander funksies. Ons kan maklik groot groepe hanteer- die Mossel sal maklik tot 600 gaste kan sit! Die atmosfeer is ook idillies vir verbeeldingryke temas – seerowers, “Beach Party”, Hawaii, “Fun on the Beach”, ens.
Belê in jou belangrikste bate – jou personeel. Hulle is dit werd!
WEER
Hoewel De Vette Mossel gedeeltelik ‘n opelug restaurant is, is alle sitplekke onder afdak en beskerm teen wind en reën. Verder kan die hele restaurant binne minute toegemaak word, sodat dit ten volle operasioneel is selfs in die geval van reën en sterk wind.
En as dit dalk reën – moet net nie kla nie. Dis Afrika en reën is altyd ‘n seëning.
Wie’s Ons? Waar het dit begin?
Vroeg in Desember 2004, het eienaar Niël du Bois en ‘n aantal werkers/vriende met Brolloks, ‘n Chev-lorretjie van 1950, hooggelaai met planke, toue en nette op Mosselbaai opgedaag – om na dekades as joernalis sy vrye gees uit te leef en ‘n seekos-eetplek êrens op ‘n strand oop te maak.
Met die Genade van Bo (en te danke aan ‘n munisipale amptenaar of twee wat die visie van ‘n seekos-eetplek op die strand gedeel het) is die eerste De Vette Mossel staangemaak, die deure spreekwoordelik oopgegooi en die eerste gaste het opgedaag… en opgedaag…en opgedaag…
Te danke aan volgehoue en gewaardeerde ondersteuning van nuutgevonde Mossel-vriende, het De Vette Mossel gegroei en gegroei. Dit was onvermydelik dat die sukses moes oorspoel en in 2012 is die eerste vure van De Vette Mossel Harties in Hartbeespoort aangesteek, in 2013 maak De Vette Mossel Parys oop en in 2018 de vierde De Vette Mossel te Hermanus- téén die lagoon met sy eie “strand”!
Maar De Vette Mossel bestaan nie net uit Niël nie. Staatmaker Nikki Geyer (Vir wie niks te veel moeite is nie!) is kern tot die Mossel se sukses.
Die braaiers, skoonmakers en kombuispersoneel is ‘n storie op sy eie. Net werklose mense is aangestel, opgelei en vandag is hulle onlosmaakbaar deel van De Vette Mossel-familie. Sonder hulle is De Vette Mossel nie moontlik nie – daarom dat hulle ook in die winste/vrugte van sukses deel.
Niël self kom kuier gereeld om ook 100% seker te maak dat De Vette Mossel @ Grootbrak identies aan die visie van De Vette Mossel restaurante wat konsep, spyskaart en kwaliteit betref.
DE VETTE MOSSEL VISIE
Ons streef om:
‘n Onvergeetlike en tradisionele, eg Weskus-ervaring aan alle mense te bied in ‘n lekker, ontspanne en gesellige atmosfeer.
‘n Unieke belewenis, eerlike seekos in oorvloed, kwaliteit & waarde vir geld te bied.
‘n Positiewe verskil te maak in die lewens van ons werkers en in die gemeenskap waarin ons bedien.
Uitnemendheid en passie na te streef in alles wat ons doen.
AGTER WATTER DUIN?
DE VETTE MOSSEL @ GROOTBRAK is letterlik op die strand by Souwesia, tussen Klein- en Grootbrakrivier naby Mosselbaai aan die Kaapse Tuinroete. (Tussen disse baljaar die jongklomp – en die jonk van gees – op die strand of gaan maak lyf nat in die blou-blou see!)
Van die N2 neem die afdraai na Grootbrakrivier en draai regs by die stop in die rigting van die see. Draai weer regs op die R102 by die T-aansluiting (by die Total Garage/De Dekke en in die rigting van Mosselbaai). Draai links 1.5 km verder en volg die kronkelpad tot by die see.
Disse
Gange
venues
Pryse & Kontak ons
0793390170
Bel of whatsapp
De Vette Mossel Grootbrak is heeljaar oop!
De Vette Mossel bied twee eetsessies per dag aan:
Middagsessie – stiptelik 12:00 vir 12:30
Aandsessie – stiptelik 18:30 vir 19:00
Funksies met meer as 25 mense: Enige dag!
Skoolvakansies: elke dag
Bespreek Nou
R350
Per Volwassene
R260
Per Hoërskoolkind
R150
Per Laerskoolkind
R50
Voorskools
R0
3 Jaar en jonger
R250 vir ‘n heel Kreef (25g)
R220 vir 400g heel Garnale (Voorberei soos in die Weskus)
R80 vir 170g Kalamari Steak
R60 vir 170g Vangs Van Die Dag
Tariewe is onderhewig aan veranderinge – een keer ‘n jaar op 1 Desember.
(NEEM KENNIS ASB: Goed toegeruste kontantkroeg is beskikbaar! Ons het krediet/debietkaart-geriewe).
Besprekings is noodsaaklik. Eerstens om u teleurstelling te spaar en tweedens om ons in staat te stel om behoorlik vir u voor te berei.
Wat ons Kliënte sê
Langs Die Walvisse
HERMANUS, MOSSEL BAY
Langs Die Dam
HARTIES, HARTBEESPOORTDAM
Die Dorp Van Kos
PARYS